[caption id="attachment_134633" align="alignnone" width="600"]Leo se meisie, Nina, was saam met hom in die motorongeluk. Foto: Cover, Instagram Leo se meisie, Nina, was saam met hom in die motorongeluk. Foto: Cover, Instagram[/caption]

PageSix.com berig die ster van The Wolf of Wall Street en die 24-jarige model het verlede Saterdag in The Hamptons gery toe hulle in ’n botsing betrokke was met ’n Mini Cooper.

’n Ambulans is as voorsorgmaatreël na die toneel ontbied, maar niemand is in die ongeluk beseer nie. ’n Bron het aan die webwerf vertel dit was nie DiCaprio se motor nie, maar sy vriend s’n. Lees ook: Leonardo DiCaprio en Maggie Smith se oulike soenkamera-oomblik Volgens ooggetuies het die 41-jarige Oscarwenner eers seker gemaak almal was oukei voordat hy daar weg is met sy vriendin, Nina. Die ongeluk het plaasgevind nadat DiCaprio hom skielik onttrek het as gasheer van die fondsinsameling vir Hillary Clinton, die Demokratiese party se prisidentskandidaat, wat by sy huis in Hollywood Hills gehou sou word.

A photo posted by Nina Agdal (@ninaagdal) on

Bronne het aan The Hollywood Reporter vertel die akteur het werkverpligtinge in New York die skuld gegee dat hy sy pligte as gasheer by die geleentheid Dinsdag moes kanselleer.

Die geleentheid, teen $33,400 (R 454,924) per gas, sal nou daar naby, by Justin Timberlake en Jessica Biel se huis, gehou word. Lees ook: Hoe goed ken jy Leonardo DiCaprio? Daar word nog steeds van medegashere by die geleentheid verwag om DiCaprio se intieme vriend, Tobey Maguire en sy bestuurder, Rick Yorn, in te sluit. Die skuif kom nadat die akteur in mediaverslae gekoppel is aan ’n geldverduisteringskandaal in Maleisië waarby $3 miljoen (R41 miljoen) betrokke is. Die Departement van Justisie in die VSA het verlede maand ’n saak aanhang gemaak om beslag te lê op die bates van 1MDB, ’n soewereine welvaartsfonds, gestig deur Najib Razak, die Eerste Minister van die land.

A photo posted by Nina Agdal (@ninaagdal) on

Die fonds het Red Granite Pictures, die produksiemaatskappy agter The Wolf of Wall Street van DiCaprio, na bewering gesteun, en die ster is in die klagskrif as ‘Hollywood-akteur 1’ aangedui.

DiCpario se verteenwoordiger het volgehou dit was ’n botsing in skedulering wat die akteur gedwing het om terug te tree as gasheer, terwyl Josh Schwerin, woordvoerder van die Clinton-veldtog, aan die Hollywood Reporter gesê het enige bewering dat die skandaal verbind is met DiCaprio se terugtrede, is vals.

"Dit is van alle waarheid ontbloot,” was Schwerin se woorde. “Ons sou, indien moontlik, die geleentheid met graagte by sy huis gehou het. Hy was goedwillig genoeg om vir ons ’n nuwe gasheer te kry. Ons hoop ons kan in die toekoms iets saam met hom doen.”

© Cover Media