Die Springbok en Goue Leeus-stut Julian Redelinghuys het ’n suksesvolle operasie aan sy nek ondergaan nadat hy dit Saterdag in die Curriebeker-halfeindstryd teen die Vrystaatse Cheetahs in Bloemfontein beseer het.

julian

Daar was ’n dislokasie van Julian se nekwerwels C5 op vlak ses nadat hy hom in die 44ste minuut teen die Vrystaat-haker, Torsten van Jaarsveld, vasgeloop het.

Rob Collins, die Goue Leeus se spandokter, het bevestig dat Julian waarskynlik sal toegelaat word om later in die week huis toe te gaan.

“Julian se operasie Sondagoggend het goed verloop. Hy het ’n nekfusie ondergaan en as alles goed verloop, kan hy later die week huis toe gaan.”

Dis nog onseker of Julian ’n terugkeer na die rugbyveld sal maak.

Bron: News24