Die nuwe hulpmiddels behels ’n opgeleide span en nog ander hulpbronne wat daar is vir mense wat die risiko vir selfdood of selfbesering loop.

Facebook sal, nadat hy ’n geval onder oë gehad en bevestig het dit kan moontlik dui op selfdoodneigings by ’n gebruiker, die gebruiker in kennis stel dat ’n vriend probeer help het en dan sal hulle toegang bied tot bronne wat kan help keer dat die gebruiker sy of haar eie lewe neem. Sulke gebruikers sal daarna aangemoedig word om in verbinding te tree met die US National Suicide Prevention Lifeline of met 'n vriend of vriendin. Hulle kan ook selfhelp-advies soek by ondersteuningsnavorsing wat in oorleg met die geestesgesondheidsorganisasies in die VSA ontwikkel is.

Die nuwe hulpmiddels behels ’n opgeleide span en nog ander hulpbronne wat daar is vir mense wat die risiko vir selfdood of selfbesering loop.

Dié nuwe hulpmiddels sal ook gebruikers wat die saak aangemeld het, in staat stel om hulle tot bystandsbronne soos die stuur van boodskappe of telefoonoproepe te wend sodat hulle hul vriend of vriendin kan help. Hulle kan selfs ook raad vra by ’n ander vriend of by ’n selfdoodhulplyn.

Rob Boyle en Nicole Staubli van Facebook het gesê: “Ons vra dat mense wat ’n regstreekse selfdooddreigement op Facebook sien dadelik hul plaaslike nooddiens bel.”

Die hulpmiddels word tans aan gebruikers in die VSA bekendgestel. Volgens Facebook probeer hulle om dit ook buite die VSA te verbeter.