Die aankondiging is deur die tussentydse voorsitter van die SABC-raad, Khanyisile Kweyama gemaak. Nazeer Cassim, die voorsitter van die onafhanklike dissiplinêre komitee, het vroeër vandag die SAUK van hul bevinding ingelig.

Die dissiplinêre verhoor teen Motsoeneng het voortgespruit uit die onherstelbare skade en oneer wat hy die SAUK aangedoen het.

Hy is skuldig bevind aan al die klagtes wat tot die dissiplinêre verhoor gelei het.

Motsoeneng het twee maande gelede ’n ongemagtigde mediakonferensie gehou waartydens hy die tussentydse raad gekritiseer het en homself op die skouer geklop het vir al die goeie werk wat hy glo hy by die openbare uitsaaier verrig het.

Die SAUK het besluit om die Openbare Beskermer se verslag oor die SABC in heroorweging te neem. Die verslag het allesbehalwe ’n rooskleurige prentjie weerspieël. Wanadministrasie, wanbestuur van finansies, vals kwalifikasies deur Motsoeneng voorgehou en natuurlik daardie asemrowend salarispakket wat hy homself toegeken het.

Hy het ook deeglik onder Naidoo ingeklim en hom as iemand uitgekryt wat onder eed sou lieg na aanleiding van opmerkings wat Naidoo glo tydens sy verskyning voor die ad hoc parlementêre komitee gemaak het.

Twitter se reaksie

Bykomende bronne: iol.co.za, timeslive.co.za, netwerk24.com, news24.com