Enige toeris wat Kaapstad besoek, moet eenvoudig ’n foto voor die ikoniese Tafelberg of ’n selfie saam met wyle oudpres. Nelson Mandela se standbeeld op die Nobelplein in die Waterfront neem.

So ook sal ’n besoek aan Parys net nie reg voel sonder ’n foto van die Eiffeltoring nie. Maar watter van die wêreld se toeristebestemmings is die gewildste?

Sightmap dui met die gebruik van hittekolle op Google se Panoramio aan waar die meeste foto’s ter wêreld geneem word. Dié webtuiste laat gebruikers toe om foto’s van bakens af te neem en die ligging daarvan op Google Maps aan te dui.

Geel kolle op die kaart dui die meeste foto’s aan, gevolg deur oranje, pienk en pers kolle. So kan jy maklik sien watter stede en vakansieplekke die gewildste is.

Die top-10-stede is:

  1. New York, VSA.
  2. Rome, Italië.
  3. Barcelona, Spanje.
  4. Parys, Frankryk.
  5. Istanbul, Turkye.
  6. Venesië, Italië.
  7. Monaco
  8. Florence, Italië.
  9. Buenos Aires, Argentinië.
  10. Boedapest, Hongarye.

Geen Suid-Afrikaanse stede het dié lys gehaal nie, maar die Kaapstad-stadion beklee die 389ste posisie.

KLIK HIER om die interaktiewe kaart te sien.

Bronne: dailymail.co.uk, sightsmap.com