Die voorspeller Edwin Tehma sê versengende hitte sal heers, met geen kans op reën tot Sondag of Maandag nie. “Dis weens die huidige hoëdrukstelsel waar ons lug-insinking ervaar en minder reën kry.”

Dit het vier of vyf dae, wat Donderdag begin het, tot gevolg gehad toe die kwik styg sonder noemenswaardige reënbuie wat die hitte verdryf. Edwin het gesê dis ’n normale somerweerpatroon en sal waarskynlik deur donderbuie in die somerreënvalstreke opgevolg word.

Die Weerdiens het Vrydag spesiale waarskuwings uitgereik van bloedige warm toestande oor dele van die Noord-Kaap, die Wes-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordwes en die Vrystaat.

Pretoria sou Vrydag na verwagting ’n maksimum van 36,  Lephalale en Mokopane 35, Beaufort-Wes 36 en Upington ’n bloedige 39 °C bereik. Edwin het gesê dis moeilik om te voorspel of dit die laaste van die hittegolf vir die somer sou wees.

Synock Matobako, ’n woordvoerder van Johannesburg se nooddienste, het die publiek aangeraai om voorsorg teen sonsteek en sonbrand te tref. “Drink baie water en bly tussen tien- en vieruur uit die son,” het hy gesê.

Ouers moet vir hul kinders ligte klere aantrek en seker maak hulle is goed beskerm teen sonbrand deur sonskerm met ’n hoë sonbeskermingsfaktor te gebruik. “Die kleingoed hardloop gewoonlik swembad toe wanneer dit so warm is en bly lank daar, maar blootstelling aan die son is gevaarlik en kan velkanker veroorsaak,” sê hy.

Babas huil dikwels wanneer hulle ongemak weens die hitte verduur. Ouers kan help deur hulle in ’n koel, maar nie yskoue bad te sit. Niemand moet ooit in ’n motor gelos word nie, selfs nie vir kort tydperke nie, veral in hierdie soort hitte. “Jy moet dit nie eens oorweeg nie. Dit is baie gevaarlik,” sê Synock.

Christine Kuch, ’n woorvoerder van die Dierebeskermingsvereniging, het gesê dit geld ook vir diere. Sy veroordeel wat sy die “Paris Hilton-sindroom” noem, wanneer mense hul troeteldiere oral saamvat, onbewus van die ongemak wat dit aan die dier veroorsaak. “As enigeen ’n dier in ’n voertuig sien, rapporteer dit onmiddellik.”

Diere in hokke moet nooit gelos word waar direkte sonlig hulle kan bereik nie en hul eienaar moet in gedagte hou dat skadupatrone deur die dag verander. Benewens skadu het troeteldiere tydens ’n hittegolf baie water nodig.

As jou diere dik pels het, moet jy gaan raad vra by jou veearts oor spesiale voorsorgmaatreëls om te verseker dat jou troeteldier gemaklik is. “Die belangrikste is dat jy jou troeteldiere dophou en vinnig optree as daar enige probleme is,” sê Christine. – Sapa