Hy laat Suid-Afrikaners lê van die lag met sy verhoogkaskenades waar slagoffers vrywillig gehipnotiseer word om hulself dan te verbeel hulle is iets soos ’n wasmasjien of ’n hoender.

Maar André die skreeusnaakse hipnotiseur is nie meer die man van destyds toe sy professionele loopbaan in 1994 in ’n volgepakte Victory-teater in Johannesburg begin het nie.

Om die waarheid te sê, sy getroue ondersteuners het die afgelope twee jaar ál minder van dié eens reuse-kunstenaar gesien.

Hy het op sy dag die skaal se naald op ’n stewige 174 kg laat bewe, maar min mense het geweet van sy innerlike stryd oor sy bultende liggaam. Of hoe hy hom ná vertonings in sy hotelkamer toegesluit en aan borde kos oorgegee het.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot gesels André met ons oor sy stryd teen die vetrolle en hoe hy dit reggekry het om 100kg te verloor.

“Ek is die een na wie mense kom en vra ek moet hulle help om op te hou rook of om gewig te verloor. Maar dan kyk hulle na my en sien hierdie logge, vetsugtige persoon voor hulle staan,” vertel hy.

Lees meer in die Huisgenoot van 11 Augustus 2011.

Volg Huisgenoot op Twitter.