HipHopKop is hier, op soek na die beste Afrikaanse hip-hop kunstenaar in die land.

Die derde ronde van HipHopKop sal op 8 Oktober by Aardklop in Potchefstroom plaasvind as deel van die weeklange musiekfees by die sportgronde.

HipHopKop is die hip-hop talentkompetisie wat deur Naspers geborg word.

Dit is geskep as ‘n platform vir Afrikaanse hip-hop kunstenaars om hulle aan ‘n wyer gehoor bloot te stel en aan hulle die geleentheid te gee om met professionele vervaardigers te werk. Daar's ook 'n kans om ‘n platekontrak los te slaan.

• Daar sal ‘n wenner uit ses deelnemers gekies word.  Die wenner wen ‘n platekontrak ter waarde van R100 000 by Ghetto Ruff, die vooraanstaande hip-hop platemaatskappy in die land.

KLIK HIER vir meer inligting oor die derde ronde by Aardklop.

KLIK HIER vir meer inligting oor Aardklop.