Hillary Clinton, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, sal Maandag weer terug op haar pos wees ná sy 'n maand lank buite aksie was weens 'n rits gesondheidsprobleme, insluitend 'n bloedklont in haar kop. Clinton is verlede week in New York in 'n hospitaal opgeneem ná dokters 'n bloedklont in haar kop ontdek het. Dit volg ná sy harsingskudding opgedoen het toe sy flou geword het omdat sy 'n maagvirus opgedoen het, het Nuus24 op hul webtuiste berig. Lees meer hier.