“Ek! Het! ’N! Platekontrak!” het Hilary onlangs geskryf by ’n foto op Instagram waarop sy haar kontrak onderteken. Dié voormalige ster van Lizzie McGuire werk reeds aan haar nuwe album.

Hilary (26) het die liedjie Hurts opgeneem enkele dae voor sy aangekondig het sy gaan skei van haar man, die hokkiespeler Mike Comrie (33). Die paartjie het ’n tweejarige seun, Luca. Sy werk ook aan ’n nuwe sitkom, Younger.

Luister na Stranger, een van ons gunstelinge op Hilary se vierde album, Dignity (2007).

http://www.youtube.com/watch?v=MyShkaAwbR8&feature=kp

BRONNE: POPCRUSH.COM, FUSE.TV