Jy kuier lekker saam met jou vriende om die etenstafel wanneer iemand skielik vra: “In watter fliek het Paul Walker nou weer gespeel?” Dis op die punt van jou tong, maar voor jy op sy naam kan afkom, ruk iemand hul slimfoon uit en verklaar: “The Fast and the Furious.” Google het hulle natuurlik gehelp om so vinnig op dié antwoord af te kom.

Dié soekenjin het pas die gewildste soekterme van 2013 bekendgemaak.

Dit is waarna Suid-Afrikaners die meeste in 2013 gesoek het:

Algemeen:

[post-slider]

Gebeure:

  1. Nelson Mandela
  2. Paul Walker Dies
  3. Boston Bombing
  4. Reeva Steenkamp Funeral
  5. Red October

Musikante:

  1. Swedish House Mafia
  2. Vuyo Mokoena
  3. Khuli Chana
  4. Kurt Darren
  5. Bon Jovi

Mense:

  1. Nelson Mandela
  2. Oscar Pistorius
  3. Paul Walker
  4. Vuyo Mbuli
  5. Reeva Steenkamp

Suid-Afrikaanse politici:

  1. Mamphela Ramphele
  2. Mmusi Maimane
  3. Lindiwe Mazibuko
  4. Patricia de Lille
  5. Trevor Manuel

Suid-Afrikaners het Google in 2013 ook dikwels geraadpleeg om uit te vind oor nuwe onderwerpe, dansbewegings en tegnologiese uitvindsels.

Tegnologie:

  1. BBM for Android
  2. WeChat
  3. Samsung Galazy s4
  4. Blackberry 10
  5. iOS 7

Wat is…:

  1. Twerking
  2. E-kommunikasie
  3. Instagram
  4. Kersfees
  5. LTE

Hoe om te . . .

  1. Twerk
  2. Baklei
  3. Oorleef
  4. TUTT
  5. Teken

Wêreldwyd het mense ook Google gebruik om meer oor ander mense uit te vind. Twee Suid-Afrikaners is onder die top-10 soektogte vir mense:

  1. Nelson Mandela
  2. Paul Walker
  3. Malala Yousafzai
  4. James Gandolfini
  5. Miley Cyrus
  6. Oscar Pistorius
  7. Jennifer Lawrence
  8. Aaron Hernandez
  9. Charlie Hunnam
  10. Adrian Peterson

KLIK HIER om te sien waarna mense wêreldwyd in 2013 nog die meeste gesoek het.

Google het dié video gemaak oor die gewildste soekterme van 2013:

Saamgestel deur Shané Barnard