Die Oscar-wenner het die geleentheid gemerk deur ’n sensuele selfie met haar bewonderaars op Instagram te deel met die byskrif: “Ek verwelkom 50 met ope arms. Ek is so geseënd om hier te wees!”

With open arms I welcome 50... I'm so blessed to be here!

A photo posted by Halle Berry (@halleberry) on

Halle, die ma van twee, verskyn in die foto sonder ’n draad klere behalwe vir ’n wit strandsjaal wat die buitelyne van haar soepel liggaam wys.

Byna 50,000 mense het van die foto gehou en byna 3000 mense het die ster geluk gewens met haar verjaarsdag.

Hoewel baie vroue die mylpaal van 50 as ’n uitdagende ondervinding beskou, het Halle in ’n eerlike onderhoud met Yahoo Beauty erken sy is verstom oor hoe goed sy verouder het sonder die hulp van plastiese chirurgie. "Ek moet myself eenvoudig gedurig herinner dat skoonheid in werklikheid is soos skoonheid optree, en dat my fisiese voorkoms nie so baie saak maak nie,” was haar woorde. “Veroudering is ’n natuurlike proses en dit gaan met ons almal gebeur. Ek dink aan vroue soos Lena Horne wat volgens my so pragtig verouder het. Selfs die manier waarop Jane Fonda ouer word – ek weet nie wat sy gedoen het of nie gedoen het nie, maar sy lyk pragtig terwyl sy voortgaan met haar lewe. "Ek wil net altyd soos myself lyk, selfs al is dit ’n ouer weergawe van myself. Ek dink as jy te veel van daardie kosmetiese dinge doen jy op die een of ander manier iemand anders raak.” Halle het eers in Maart by Instagram aangesluit, maar al haar sensuele kiekies het gou groot genot verskaf aan haar volgelinge.

Die eerste foto wat sy op Instagram gedeel het, was van haar sonder bostuk waar sy haar bewonderaars groet met die woorde: “Hallo, almal. Welkom! Vandag is vir my ’n baie opwindende dag … ek sien uit daarna om ons wêreld te deel deur foto's wat my emosies en gewaarwordings weerspieël.

"Ek staan in verwondering oor fotografie en die vermoë wat dit het om hierdie buitengewone wêreld waarin ons leef vas te vang en te weerspieël. Dit maak my opgewonde om my liefde vir die natuur, die kunste, mode en nog baie ander dinge met julle te deel. Ek hoop die foto’s julle sal inspireeer, gesprekvoering sal bevorder en vir julle vreugde sal bring.”

© Cover Media