Sy het dieselfde blou oë, oulike neusie, vriendelike glimlag en elegante houding as prinses Charlene.

Maar haar vriende het gemeen sy lyk meer soos daardie ander Benoni-skoonheid, die rolprentster Charlize Theron.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot ontmoet ons, Stephanie Barnard, die wenner van ons ewebeeldkompetisie.

Sy het 7 822 hoopvolles uitgestof en met die droomprys weggeloop: ses dae in die Hotel Edouard VII Opéra in Parys en die vierster Le Méridien Beach Plaza in Monte Carlo, aandete by die  wêreldbekende Moulin Rouge-restaurant in Parys en R10 000 sakgeld.

‘‘Ek was op die trapmeul by die gim toe hulle my bel om te sê ek het gewen,’’ vertel sy. ‘‘Ek was so opgewonde – my ouers sweer hulle kon my tot hier hoor skree!’’

Lees meer in die Huisgenoot van 21 Julie.

Volg Huisgenoot op Twitter.