“Dit is vir my baie lekker en 'n groot eer om betrokke te wees by die skryf van die temaliedjie," vertel die sanger. "Ek het lanklaas iets geskryf vir TV of 'n fliek, so ek was baie opgewonde toe die vervaardigers my kontak om te hoor of ek die temalied vir die fliek sou skryf."

Jak vertel dit was nogals 'n uitdaging, omdat hy nog nie die film gesien het nie. Al wat hy gehad het om mee te werk, was die draaiboek en 'n rowwe weergawe van die lokprent.

"Ek het dadelik die gevoel gekry die liedjie moet 'n 1950's-gevoel hê," vertel hy. "En die feit dat die fliek 'n riller-komedie is, het my dadelik laat dink die lied moet lekker lewendig wees. Die naam van die fliek is sommer klaar 'n liriek wat lekker op die oor val."

Hoener Met Die Rooi Skoene beloof om kykers te laat regopsit, ril en skater van die lag.

Kyk hier na die musiekvideo vir Jak se treffende temalied: