WELKOM by Graceland, sê die ou met die pikswart golfie-kuif en puntstewels voor sy huis in Kraaifontein buite Kaapstad. En toe hy hand uitsteek vir die groetslag en jy sien die swart wangbaard, besef jy dadelik: Oooo, daai Graceland. Mos Elvis se plek.

“Dis nie aangeplaktes nie, thank you very much,’’ sê James Marais (37) in ’n kamma- Amerikaanse aksent, nes ou Elvis altyd gesê het, en hy beduie na een wang.

James het deesdae rede om breëbors rond te stap met sy self gekweekte bakkebaard en al, want hy is ons land se voorste Elvis-huldigingskunstenaar. Nie nabootser nie, hoor, huldigingskunstenaar, help James reg.

Hy het sy titel in April tydens die land se heel eerste Elvis Festival Africa op Stormsrivier in die Oos-Kaap gekry. Nou skud die man vere reg vir die Elvis-wêreldbeker – jip, ons eie Elvis gaan oor die water om op 4 Julie in Cardiff, Wallis, met 12 lande se Elvis-manne mee te ding om die Elvis-wêreldbeker.

“Ek kan regtig nie wag nie,’’ sê die ou wie se Elvis-ding van kleintyd al aankom. “Al kom ek ook 100ste, ek gaan net om dit te geniet.’’

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 27 Junie 2010

Bespreek vir Skouspel!