Kersligaandetes ontaard dikwels wanneer ’n gas spog dat hulle nie beurtkrag ervaar nie. Maar nou werp die Kaapse stadsraad lig op sakie vir belaste verbruikers.

Volgens burgemeesterskomiteelid van nutsdienste, Ernest Sonnenberg, wat beurtkraguitsluitings betref, word die stad gelei deur die sogenaamde regulasie NRS048-9. Dis die nasionale standaard vir beurtkrag en hanteer die toepaslike behandeling van kritieke onderbrekings en die belangrikste onderbrekingsvereistes van verskeie kliënte.
Sommige inwoners en ondernemings kan uitgesluit word van beurtkrag as hul eiendomme deel vorm van ’n stroombaan na die bogenoemde plekke.

Watter gebiede vrygestel word van beurtkrag

NRS048-9 identifiseer die volgende kriteria vir die toepassing van beurtkrag: mense se veiligheid, die omgewing, die potensiële skade aan belangrike aanlegte (byvoorbeeld dié vir rioolsuiwering) en tegniese beperkings op die uitvoering van beurtkrag.

Hy sê volgens hierdie kriteria en waar moontlik, sluit die stad groot hospitale, sentrale sakegebiede en plekke waar daar groot skares bymekaarkom vir spesifieke gebeurtenisse, uit. Gebiede wat al uitgesluit is, is die Tafelberg-kabelkar, sowel as dele van die sentrale sakegebiede oral in die stad en groot hospitale.

Sommige inwoners en ondernemings kan uitgesluit word van beurtkrag as hul eiendomme deel vorm van ’n stroombaan na die bogenoemde plekke.

Bron: Fin24