Chontel Duncan verwag nie net nie; sy is al ’n hele 36 weke swanger.
Chontel, ’n fiksheidsmodel van Australië, laat nie toe dat haar swangerskap ’n demper plaas op haar fiksheidsprogram nie. Sy oefen trouens nog elke dag, al verwag sy haar baba oor slegs 28 dae.

“My fiksheid is steeds op ’n uitstekende vlak in vergelyking met wat dit was voor ek swanger geraak het,” het Chontel in ’n Facebook-boodskap geskryf wat sy geplaas het toe sy 22 weke swanger was.

Lees ook: Swanger vroue moet kos met baie vitamien D eet om baba se risiko vir allergieë te verlaag

“Die feit dat ek in die loop van my swangerskap nooit siek was nie, het my gehelp om werklik ’n goeie oefenroetine te handhaaf; daar was geen onderbrekings nie en dit het my baie gehelp om my fiksheid op peil te hou.” Hierdie fiksheidsgeesdriftige se roetine sluit gewoonlik Muay Thai in (geen bakleiery of skerm nie). Haar man, Sam, “hou vir my tyd sodat hy ’n ogie op my lyftaal kan hou en op sy mannetjie wat in my groei”.

“Ek het werklik baie daarvan gehou om hierdie soort kardio-oefeninge deur my swangerskap te doen aangesien ek nie baie van kardiotoerusting, hardloop en swem hou nie,” deel sy in een van haar gereelde bywerkings. Hoewel sy aktief is, voel sy die uitwerking van hoogswanger te wees.

Move Nourish Believe #mnb

A photo posted by Chontel Duncan (@chontelduncan) on

“Hierdie maag is massief, swaar. Dit is vir my moeilik om regop te sit; omdraai in die bed is’n komiese taak; dit is harde werk om my tekkies te probeer aantrek; en daar is soms ’n kloppende pyn in my rug,” skryf sy op Instagram.

Tog beklemtoon sy haar “bloeddruk is presies reg”.

Lees ook: Sjokolade ‘kan heilsaam wees tydens swangerskap’

“Dit is opwindend dat almal NUWE tekens is, en tekens beteken dat klein D amper hier is.” Terwyl sy op die nuweling se koms wag, het Chontel ’n paar voorspellings gewaag oor hoe haar kraamproses gaan verloop. “Ek voorspel dat ek so vier uur lank gaan kraam en 30 minute druk … Hou duim vas dat hierdie voorspellings waar is. Dit klink eenvoudig soos ’n droom wat waar geword het!”

Friday Muay Thai with Mikey @hiit_australia

A video posted by Chontel Duncan (@chontelduncan) on

Sy hoop sy gaan nie verdowingsmiddels tydens die kraamproses nodig kry nie.

“Ek beplan om gas te kry as dit nodig is, maar beslis geen petidien nie, en ’n epiduraal sal absoluut die laaste uitweg wees.” Intussen is sy “beveel” om elke dag seks te hê, haar tepels te stimuleer elke keer dat sy badkamer toe gaan en haar aarbeiblaarpille te vermeerder tot ses. Hierdie “handige tegnieke” sal blykbaar die kraamproses aanbring.

28 days till D Day @captured_dreams_by_melanie

A photo posted by Chontel Duncan (@chontelduncan) on

Ander stories op Huisgenoot.com:

Hier is waarom elke man besny MOET word

Is Katy Perry eintlik die vermoorde sesjarige skoonheidskoningin JonBenét Ramsey?

Ontmoet Gizmo en Nonnie, die twee Yorkies wat onlangs trou aan mekaar beloof het

Oscar Pistorius se aansoek tot appèl deur grondwethof geweier

‘Al sterf sy, weet ek haar droom is bewaarheid,’ vertel ma ná Adele haar siek dogter ontmoet