Dié merke kan ’n aaklige herinnering aan die verlede wees.

Terwyl chirurgie die voorkoms van party letsels kan help verbeter, gaan ander dalk nooit heeltemal weg nie. Maar hierdie tatoeëerkunstenaar het met ’n mooi manier vorendag gekom om die slagoffers te help. Flavia Carvalho, van Brasilië, bedek die vroue se letsels met pragtige en bemagtigende kunswerke van ink. En die tatoes is heeltemal gratis.
Haar reis het in 2013 begin toe ’n vrou haar vra om ’n letsel te bedek wat sy oorgehou het nadat ’n man haar gesteek het omdat sy hom in ’n nagklub verwerp het. “Toe sy die voltooide tatoe sien, was sy diep ontroer, en dit het my diep geraak,” het Flavia aan die Huffington Post vertel.
Die vrou se goeie reaksie het haar aangespoor om die projek A Pele da Flor (The Skin of the Flower) te begin waarmee sy die letsels van messteke en skietwonde gratis met tatoeëermerke verbloem. Sy skep ook pragtige ontwerpe vir vroue wat letsels ná ’n mastektomie het. “Die enigste ‘prys’ is wat die vroue moet betaal, is om ’n ontwerp vir hul tatoes te kies!”

Bronne: huffingtonpost.com, metro.co.uk