Selma Blair is die mees onlangse beroemde wat groot kommer gewek het met haar uitbarsting in die openbaar. Selma het verskoning gevra vir haar bisarre gedrag nadat sy van die vliegtuig onderweg na Los Angeles op ’n draagbaar uitgedra is.

Sy het oënskynlik geskree dat ’n onbekende “hy” haar privaat dele brand, haar slaan en haar gaan vermoor. Die Cruel Intentions-ster het die volgende dag in ’n verklaring gesê sy’s jammer oor haar gedrag en het erken sy het alkohol en medikasie gemeng.

Hier is die topsewe bisarre beroemde ineenstortings:

Selma Blair

[caption id="attachment_130003" align="alignnone" width="604"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die aktrise was ná ’n ontspanne vakansie in Mexiko saam met haar vierjarige seun, Arthur, onderweg na Los Angeles. ’n Kombinasie van drank en pille het egter haar ongewone uitbarsting aan boord veroorsaak waartydens sy onder meer geskree het: “He burns my private parts . . .”

Dalk is sy herinner aan ’n baie slegte waks-ervaring!

Kanye West

[caption id="attachment_130004" align="alignnone" width="604"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die Gold Digger-kletsrymer is nogal vertroud met openbare uitbarstings, so dit is moeilik om net een te kies. ’n Opname van die kletsrymer se uitbarsting is in Februarie 2016 op die TV-program Saturday Night Live gespeel.

Hy het gedreig om die stel te verlaat voor dit gespeel is omdat hy nie tevrede was met die stel wat SNL vir sy optrede voorberei het nie.

In sy woedeuitbarsting het ’n hoogs ontstoke Kanye verklaar: “Look at that s**t, they took my f****** stage off SNL without asking me.” Hy het ook uitgevaar oor Taylor Swift: “Now I’m bummed. That and Taylor Swift. Fake a*s. Now we’re gonna do this. We’re breaking the motherf****** internet.”

Bedaar, Kanye.

Christian Bale

[caption id="attachment_130005" align="alignnone" width="604"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die Batman-ster se epiese uitbarsting het op ’n fliekstel plaasgevind. Tydens die verfilming in 2009 van Terminator Salvation het Christian die fotografieregisseur uitgetrap omdat hy die verfilming van een van sy tonele onderbreek het.

Die woedende akteur het die regisseur daarvan beskuldig dat hy ’n amateur is en gedreig om hom beet te pak. Nadat hy tot sy sinne gekom het, het hy verskoning gevra en gesê hy het dit hopeloos te ver gevat. Dis beslis sagkens gestel.

Lindsay Lohan

[caption id="attachment_130007" align="alignnone" width="604"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Waar begin ’n mens met Lindsay? Haar ineenstortingsgeskiedenis bevat twee gevalle van bestuur onder die invloed, drie inhegtenisnemings en verskeie uitbarstings in dansplekke.

Die Parent Trap-ster het in 2007 weggejaag van die polisie, waarna sy in Santa Monica in hegtenis geneem is omdat sy onder die invloed bestuur het. Twee blaastoetse is gebruik om te bevestig dat die huilende Lindsay se bloed-alkoholvlak amper twee keer bo die wettige perk was.

Sedertdien het sy ’n nuwe blaadjie omgeslaan. Miskien sal sy ’n rol kry in die nuwe Fast & Furious-rolprent.

Charlie Sheen

[caption id="attachment_130008" align="alignnone" width="604"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Charlie Sheen se hele lewe was in 2011 ’n ineenstorting. Nadat hy afgedank is deur die base van die bekende reeks Two and a Half Men omdat hy die skrywer van die reeks, Chuck Lorre, beledig het, het hy in verskeie onderhoude verklaar dat hy saam met ’n pornoster en ’n model woon, wat hy sy “godinne” genoem het.

Hy het ook na homself as ’n “towenaar” met “tierbloed” verwys en sy liefde vir dwelmmiddels verklaar. Hy het onder meer verklaar dat hy ’n dwelmmiddel gebruik wat hy “Charlie Sheen” gedoop het.

“Dit is nie beskikbaar nie, want jy sal doodgaan as jy dit gebruik. Jou kinders sal huil oor die ontploffing van jou liggaam.”

Nou goed dan.

Mel Gibson

[caption id="attachment_130010" align="alignnone" width="604"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die Oscar-bekroonde Mel Gibson het omtrent oproer veroorsaak toe hy vanuit sy besope en bedwelmde toestand verskeie anti-Semitiese opmerkings gemaak het.

Die akteur is in 2006 in Malibu in hegtenis geneem weens beweerde drink-en-bestuur. Luidens die polisieverslag het Mel die beampte gevra of hy van Joodse afkoms is, waarna hy gesê het die Jode is verantwoordelik vir al die oorloë in die wêreld.

Hy het later verskoning gevra vir sy rassistiese opmerkings en verduidelik dat dit “in ’n oomblik van waansin” uitgeblaker is. Hy het erken die voorval getuig van “afskuwelike” gedrag.

Britney Spears

[caption id="attachment_130012" align="alignnone" width="604"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die voormalige Disney-ster Britney Spears getuig van ’n goed gedokumenteerde episode van tydelike waansin. Die Gimme More-sangeres het in 2007 al haar hare by Esther’s Hair Salon in Tarzana, Kalifornië, laat afskeer.

’n Paar dae daarna is sy afgeneem toe sy ’n steelfotograaf se motor met ’n sambreel bydam. Die popster het later ’n bisarre verduideliking vir haar aggressiewe gedrag verskaf. “Ek het voorberei vir ’n rol wat ek in’n film moes vertolk waarin my man nooit sy kant bring nie en die twee karakters per ongeluk van liggaam verwissel,” het sy op haar webtuiste geskryf.

“Ek neem al my rolle baie ernstig op en het ’n bietjie meegevoer geraak. Ongelukkig is ek nie die rol aangebied nie.” Ons is nie so seker of ons jou glo nie, Britney!

© Cover Media