Tom Hiddleston het Idris Elba en Jamie Dornan uitgestof om die titel Rear of the Year 2016.

Die 35-jarige akteur, wat moontlik deesdae bekender is vir sy verhouding met Taylor Swift as sy toneelspel, is al ervare met uittrek op die skerm, maar ’n sekstoneel in die BBC-drama The Night Manager, waarin Tom sy agterstewe gewys het, het vinnig ’n treffer geword en hom die jongste titel laat verower. Tom het Idris, van Luther-faam, en Jamie, wat as Christian Grey sy agterstewe in die seksbelaaide rolprent Fifty Shades of Grey gewys het, op hul neus laat kyk.

Here's the hiddlesbum #hiddlesbum #tomhiddleston #loki #beautiful #thiddles #

A photo posted by loki laufeyson (@multi_loki_fanatic) on

Die tennisspeler Andy Murray en die Britse akteur Bradley Walsh is ook onder die topvyf, maar Tom het die meeste stemme gekry van die meer as 10 000 lede van die publiek wat tussen Julie 2015 en Junie 2016 gestem het. Hoewel Tom se sekstoneel in The Night Manager selfs tot die bynaam Hiddlesbum gelei het, is die beeldmateriaal uitgehaal toe die reeks in Amerika vertoon is. Nadat hy gehoor het dit is uitgesny, het die akteur aan die tydskrif W gesê: “Ek was verbaas om te hoor hulle het my boude uitgesny. Ek is hier om vir julle te sê my boude is nie gevaarlik nie. Daar is baie, baie gevaarliker goed wat mense met graagte uitsaai. Ek weet nie wat dit sê oor die wêreld waarin ons leef nie, maar dit sê waarskynlik iets.”
The Night Manager was natuurlik nie die eerste keer dat Tom op die skerm lyf wys nie. Vir sy onlangse rolprente Crimson Peak, I Saw the Light en High-Rise het hy almal die klere laat waai. Die akteur sê ook hy skrik nie vir die vooruitsig om alles te wys nie. “Ek kom uit die tradisie van Europese rolprente, waar naaktheid nie eintlik iets is nie,” het hy in ’n onlangse onderhoud aan The Hollywood Reporter gesê. “Ek het vele ander meer gerekende akteurs oneindig kaler as ek sien wees. Ek dink nie twee keer daaroor nie. Dit was belangrik vir die tonele en nie meer of minder betekenisvol as enige van die ander tonele in die storie nie.”

Die Britse sepie-aktrise Jennifer Metcalfe is aangewys as vroulike Rear of the Year 2016.

© Cover Media