Die sterre het weer Sondagaand hul deftigste nommertjies uitgehaal vir die jaarlikse BAFTA-toekennings in Londen.

Huisgenoot se mode-assistente Peta-Lee Matjaola en Nadia Windt het hulle keuses saamgestel vir die sterre wat volgens hulle die mooiste gelyk het, en natuurlik ook dié wat die pot heeltemal mis gesit het!

Lees ook: Ons keuses vir die beste en slegste uitrustings by vanjaar se SAG-prysaand

DIE BESTES:

Cate Blanchett

Cate stel nooit teleur nie. Sy het asemrowend gelyk in ’n vollengte rok met ’n swart rompdeel en pragtige blomversiering aan die bolyf.

Julianne Moore

Julianne het eenvoud gekies met ’n noupassende wit rok wat haar figuur vlei.

Kate Winslet

Die elegante Kate het op die rooi tapyt aandag getrek in ’n pragtige swart rok.

Emilia Clarke

Emilia het haar borsgleufie gewys in ’n pragtige skarlakenrooi vloerlengte rok.

Angela Bassett

Angela se pienk, vloeiende rok was ’n treffer.

Alicia Vikander

Alicia het die oog gevang in ’n swart-en-metaalkleurige rok met ’n hoë spleet.

DIE SLEGSTES:

Poppy Jamie

Sy het ’n bleek en smarraggroen rok in ’n meerminstyl deur Jitrois Paris gedra, waarvan die onderste laag onvleiend laag gesny was.

Rebel Wilson

Die 90’s-styl pakkie se knielengte-potloodromp in swaelstertstyl was nie ’n modetreffer nie.

Katia Elizarova

Die Russiese model en aktrise het ’n uiters onvleiende groen skeppig gedra wat glad nie haar slanke lyfie tot sy reg laat kom het nie. Die besige halslyn lyk ongemaklik en die dun material het in die briesie rondgewaai.

Rooney Mara

Sy het ’n uitgewaste kleur gekies wat nie haar ongelooflike lyf beklemtoon het nie. Die skouerdetail lyk net so afgemat en saai soos haar gesigsuitdrukking in dié foto.

Laura Haddock

Die Hunger Games-hartebreker Sam Claflin se vrou het te veilig gespeel in voorspelbare swart van kop tot tone – ’n deursigtige top en vereromp met bandjieshakskoene.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Leo nog ’n treetjie nader aan Oscar-glorie

Musiek kan jou liefdeslewe ’n hupstoot gee

Is wolkbrood die antwoord op jou lae-koolhidraat-gebede?

Minder oefening ‘lei tot kleiner brein’

Die eenvoudige geheim om jou selfoon se batterylewe te verleng