Daar steek meer in hierdie spinnekop as wat dit op die oog af lyk.

Die agtbenige gogga is in Australië op kamera vasgelê toe dit ’n lang, wriemelende, wurmagtige gedierte uit sy lyf te voorskyn laat kom.

Die greep van 55 sekondes wat die gebruiker baskwith2 op YouTube gelaai het, versprei soos ’n virus op die internet met meer as 4,2 kykslae per maand.

Die grusame materiaal wys hoe die spinnekop bewegingloos lê terwyl die dun wurm in ’n spiraalbeweging uit die gogga se lyf verlos word.