Dalk weet jy die meeste hiervan; dalk is daar ’n paar goed jou gaan verbaas. Maar een ding is seker: die vervaardigers van The Fast & the Furious sou nooit kon droom dat dit wat hulle bloot as ’n enkele springmielie-fliek beskou het, so suksesvol sou wees nie.

Op 22 Junie 2001, presies vyftien jaar gelede, het die eerste fliek in die reeks by rolprentteaters begin draai.

Paul Walker was nie die eerste keuse om die rol van Brian O’Connor te vertolk nie; Christian Bale, Eminem en Mark Wahlberg was eers in die vervaardigers se visier.

Die rol van Mia Toretto was spesiaal vir Eliza Duskhu van Buffy the Vampire Slayer-faam geskryf. Maar sy wou nie die rol aanvaar nie.

Natalie Portman, Sarah Michele Gellar, Kirsten Dunst, Bijou Phillips en Jessica Biel het almal oudisies vir die rol afgelê, maar die relatief onbekende Jordana Brewster het eindelik geseëvier.

Nie Jordana (wat die rol van Vin Diesel se suster, Mia Toretto vertolk het) óf Michelle Rodriques (in die rol van Leticia “Letty” Ortiz ) kon motorbestuur toe hulle vir die fliek gekies is nie.

Die vier hoofspelers was ook glo ook agter die skerms in verhoudings betrokke: Paul saam met Jordana, terwyl Vin glo beslis sterk tot Michelle aangetrokke was.

Michelle het glo gedink die karakters is nie geloofwaardig nie en het Paul as ’n “Ken Barbie Doll” beskryf. Sy was ook aanvanklik minder vleiend oor Jordana en Vin.

Die viertal moes ook Formule 1-motors leer bestuur ter voorbereiding van die straatrenne.

Terloops, Brian O’Connor (Paul se karakter) bestaan werklik. Hy het ook aan straatrenne deelgeneem.

Die akteur Frankie Muniz het die Volkswagen Jetta gekoop. Hy is deesdae ’n professionele renjaar en straatren-entoesias.

Die beskermende rolkas binne die RX-7 moes verwyder word omdat Vin Diesel nie so mooi in die motor kon inpas nie.

Meer as 600 motors, waarvan net twee in Amerika vervaardig is, word in die eerste fliek ingespan.

Meer as 1 500 motors is gebruik tydens die legendariese “race wars”-tonele.

Die fliek was ampertjies nie “Fast” of “Furious” nie. Ander titels wat oorweeg was, sluit in: Raxer X, Redline en Race Wars. Racer X 7 enigiemand?

Die naam waarop uiteindelik besluit is, is afkomstig van ’n fliek van 1955, maar die storielyne verskil geheel en al.

Die flieks in die reeks het in hierdie volgorde verskyn:

The Fast and the Furious (22 Junie 2001)

2 Fast 2 Furious (6 Junie 2003)

Fast & Furious (3 April 2009)

Fast Five – (20 April 2011)

Fast & Furious 6 (24 May 2013)

The Fast and the Furious: Tokyo Drift (16 JunIe 2006)

Furious 7 (3 April 2015)

Bronne: thewrap.com, sliptalk.com, news.com.au, ranker.com, buzfeed.com, peopleschoice.com