BREËBORS staan Hennie van der Westhuizen in die hoenderhok en bekyk sy baba.

’n Ent van ons brul die Miskruier gulsig oor ’n hoendermistapyt.

’n Uur later is ses ton opgetel, tot poeier gemaal en invsakke gegooi – ’n joppie wat ’nvdosyn plaaswerkers amper ’n

dag sou gekos het.

En luister ’n mens so na die boere van die distrik het Hennie inderdaad hier ’n ding beet. In Mei het hy met sy patent by die Nampo-oesdag op Bothaville die eerste prys in die landbouprodukteverspreider Omnia se

kompetisie vir boerepatente gewen, en sedertdien staan die manne tou vir sy misopteller.

Buite steek Hennie ’n sigaret aan, leun teen sy bakkie en verduidelik trots: ‘‘Geen masjien ter wêreld kan doen wat die Miskruier doen nie. Dit is in alle opsigte uniek in die wêreld. Ek het dit uit niks ontwerp en ook help bou.’’

Soos hy die ding bekyk, sê Hennie, kan dié uitvindsel van hom sy tuisdorp, Hartbeesfontein, “nog wêreldbekend

maak’’.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 23 Desember 2010