Gweneth Lee glo sy doen haar vryers se vrouens 'n baie groot guns.

Die finansiële konsultant (45) het 10 jaar gelede, nadat haar man, Robert, aan lewerkanker oorlede is, by die ‘afsprake met getroudes’ se webwerf illicitencounters.com aangesluit.

Een van haar vriendinne, wat die webwerf gebruik het omdat haar man impotent was, het dit aanbeveel.

"My vriendin het dit verskriklik geniet en sy het vir my gesê: ‘Jy moet dit probeer.’

"Dit werk glad nie soos gewone internetafsprake nie – dit is wêrelde verwyder van Tinder,” het Gweneth, oorspronklik van Chelsea in Londen, aan die Engelse dagblad Daily Mirror gesê.

"Webwerwe soos Illicit Encounters trek mans van 'n hoër kaliber aan. Hulle is ryk, uiters diskreet en vreeslik seksueel.

Hulle is ryk, uiters diskreet en vreeslik seksueel.

"Dit het my uitstekend gepas. Ek wou al die pret hê en geen van die kompliksies wat jy gewoonlik met verhoudings kry nie."

Kyk ons 'n dekade later, en Gweneth het reeds langtermynverhoudings met drie getroude mans gehad: 'n Deense skeepsmagnaat, 'n sekuriteitshoof en 'n rekenmeester. Al drie wou nie hul vrouens verlaat nie; al drie verhoudings het jare lank aangehou. Die mooi brunet glo ten minste een van die vroue, wat nie langer in seks belang gestel het nie, het van die verhouding geweet en sy het dit verdra omdat sy bang was haar man sou elders 'n verhouding aanknoop.

"Ek was eenvoudig 'n uitlaatklep vir hom om pret te hê."

"As sy nie haar man toegelaat het om haar te verneuk nie, sou hy haar verlaat het en dit sou 'n yslike omverwerping vir 'n gesin met kinders beteken het,” meen sy.

"Hy het in die gesin se huis gebly en het, met die volle medewete van sy vrou, by my geslaap.

"Ons was baie diskreet. Ek was eenvoudig 'n uitlaatklep vir hom om pret te hê.”

Volgens haar voel sy nie “moreel ingedoen” ná haar buite-huwelikse aktiwiteite nie.

"Almal het voordeel getrek uit die reëling – selfs die vrou, want dit was aan my te danke dat sy 'n baie gelukkiger man gehad het.”

Bronne: Daily Mail, The Mirror