’n Oudsoldaat se laaste en profetiese Facebook-plasing versprei soos ’n veldbrand nadat hy op Oujaarsaand dood is, na bewering deur die toedoen van ’n dronk bestuurder.

Matthew DeRemer, ’n voormalige Amerikaanse seesoldaat, het die ysingwekkende plasing ure voor sy dood gemaak.

“Ons word op ’n dag gebore. Ons sterf op ’n dag. En ons kan op ’n dag verlief raak. Alles kan binne ’n enkele dag gebeur,” lui die foto wat hy op sy tydlyn gedeel het. Lees ook: 1 dood, 36 beseer ná vrou, met 3-jarige in motor, skare inploeg Die kragtige foto is vergesel van ’n plasing waarin hy besin oor die “groot uitdagings” wat hom in 2015 in die gesig gestaar het. “Ek kyk terug na 2015 se reuse-uitdagings wat ek oorkom het, met ander gedeel het, en myself weer gevind het . . . Om dankie te sê aan almal en laat kom 2016, baie werk om te doen!” het hy geskryf.

“En ek weet regtig nie waar ek vanaand gaan eindig nie, maar ek weet waar ek beland, is waar ek veronderstel is om te wees.”

Meer as 100 mense het sedertdien op die plasing kommentaar gelewer.

“Nou so baie emosie en ons het mekaar nooit eens ontmoet nie . . . .Die laaste woorde van jou plasing sal vir my ’n inspirasie en aanmoediging wees,” het Ryann Cushway geskryf.

Lees ook: Dronk vrou sms kêrel kort voor noodlottige ongeluk

Andy Lamar het ook kommentaar gelewer: “Ek het nooit in die noodlot of ’n hoër mag geglo nie. Die feit dat hy die treffende plasing 11 uur voor die ongeluk gemaak het, het my diep laat nadink.”

Bronne: today.com, abc.net.au