Haar opvlieënde dogter se gedrag maak dié ma so beangs dat sy met ’n bofbalkolf langs haar slaap vir beskerming.

Volgens Ann, wat op Dr Phil se program verskyn het, het haar 16-jarige dogter gedreig om haar ouers dood te maak.

“Wanneer Kristi so opvlieënd raak, is ek bang vir haar,” het sy gesê en daarop gewys dat Kristi al deure ingeslaan het, voorwerpe rondgegooi het en selfs op haar gespoeg het.

Mike, Kristi se pa, is net so ontsteld oor sy dogter se gewelddadige gedrag.

“Ons het een van ons groot slagtersmesse onder Kristi se matras gekry,” het hy gesê.

Die ouers beweer dat hulle 911 al male sonder tal gebel het sodat die plaaslike polisie kon ingryp as die gevegte buite beheer raak.

Die plaaslike polisiehoof sê sy eenheid besoek daardie huis die gereeldste in die hele dorp.

Ann sê: “Ek is moeg daarvoor om met een oog oop te slaap. Ek het haar selfs $100 per maand aangebied om my huis te verlaat.”

“Ek wil nie meer bang wees om in my eie huis te woon nie.”

Bronne: huffingtonpost.com, mirror.co.uk