Switserland is, volgens die Amerikaanse nuusmaatskappy US News & World Report se oorsig Best Countries 2017, die beste land ter wêreld om in te woon, terwyl Kanada, die Verenigde Koninkryk, Duitsland en Japan die ander plekke in die topvyf inneem.

21 372 mense in 34 lande uit vier wêreldstreke – die Amerikas, Asië, Europa en die Midde-Ooste, en Afrika – het in die oorsig gestem en nege kategorieë (avontuur, burgerskap, kulturele invloed, entrepreneurskap, nalatenskap, verhuisers, bereidheid vir sake, en lewensgehalte) is gebruik om die 20 beste lande ter wêreld aan te dui. Geen Afrikaland kon die top-20 haal nie.

Die beste lande ter wêreld is, in volgorde:

1. Switserland

2. Kanada

3. Verenigde Koninkryk

4. Duitsland

5. Japan

6. Swede

7. Verenigde State

8. Australië

9. Frankryk

10. Noorweë

11. Nederland

12. Denemarke

13. Finland 14. Nieu-Seeland 15. Singapoer 16. Italië 17. Luxemburg 18. Oostenryk 19. Spanje 20. China

A post shared by Sweden - Sverige ?? (@sweden) on

A post shared by Australia (@australia) on

A post shared by visitaustria (@visitaustria) on

A post shared by Spain (@spain) on