Die hond in Karnataka, Indië, was in die slang se greep; dié was besig om hom dood te druk.

Maar toe daag daar net betyds hulp op.

Die hond se heldhaftige eienaar – wie se naam nog onbekend is – neem die reddingspoging af en begin die luislang met ’n tak slaan.

Dit het toe gewerk; die geskokte slang het sy greep op die hond verslap sodat die hond kon ontsnap.

Agterna kan die hond se blaf gehoor word terwyl die slang wegseil.

Die plaaslike media berig dat die hond ongedeerd is.