A photo posted by Frostine Shake(@frostineshake) on

Die danseres was 17 jaar oud toe sy besluit ballet pas haar nie.

Die grimeerkunstenaar (nou 30) het aan Buzzfeed gesê die gedurige aanmaning dat sy moes gewig verloor, was eindelik die rede waarom sy ná 12 jaar se onmenslike opleiding ballet laat vaar het.

“Ek kon net eenvoudig nie aan die eise van my instrukteurs voldoen nie, en ek wou in werklikheid ook nie,” het sy gesê.

“Ek het op 18 verskeie soorte dans begin navors wat my die vryheid kon gee om my uit te druk op ’n manier wat positief vir my liggaam gewerk het,” en bygevoeg dat dit haar liefde vir dans, kuns, musiek en mode na vore gebring het om op slegs 18 oor te skakel na die baie meer sensuele en dramatiese burleske.

Die model, wat onder haar volgers op Instagram liefderyk bekendstaan as “Frostina Shake”, sê burleske het haar verskillende danstipes help ontdek wat haar die vryheid gee om haar liggaam op ’n bemagtigende en positiewe manier uit te druk.

Lees ook: ‘Ek was reusagtig en het gevoel of ek stadige dood sterf,’ sê vrou wie se eks haar voer Illiana het haar ballet op ’n natuurlike wyse by sommige van haar burleske-opvoerings begin invoeg, en haar vriendinne is altyd gereed om ’n handjie by te sit. “Hulle het my gehelp om my vaardighede op te kikker en my toegelaat om teen my eie pas aan te gaan,” het sy toegegee. “Ek hou van die struktuur en dissipline wat nodig is om ballet te doen,” het sy gesê.

A photo posted by Frostine Shake(@frostineshake) on

Illiana, wat aan die Universiteit van Noord-Texas studeer het, teken haar optredes en dansbewegings vir meer as 9 000 volgelinge aan as ’n manier om ander mense aan te moedig en liggaamspositiwiteit te bevorder.

A photo posted by Frostine Shake(@frostineshake) on

“Ek kry die meeste van my houdings, handbewegings en gebare uit die grasie van ballet – dit veroorsaak dat ek elegant en sterk voel.”

Illiana sê jong danseresse moet aanhou met ballet as hulle daarvan hou, maar dis oukei as hul belangstellings verander.

“As dit jou doelwit is om ’n hoofdanser te word, moenie daarmee ophou, soos ek gemaak het nie,” het sy gesê. “Maar onthou ook om jou waardigheid en oortuigings eerste te stel.”

“My liggaam voel lewendig wanneer ek dans, en ek probeer my bes om reg te laat geskied aan die kunsvorm – en dit sluit liefde vir my liggaam in.”

Bronne: buzzfeed.com, dailymail.co.uk, instagram.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Wellington treur ná skokdood van geliefde inwoner Winnie Rust

‘Dapper’ sewejarige kap kop oop nadat hy uit bewegende trein gesuig word

Wat broei deesdae tussen Ben en Jen?

Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag

Ontstoke ma skryf ope brief aan skoonma’s

Hierdie gr. 2-wiskundevraag slaan almal dronk – kan jy dit oplos?