Terwyl Alexandra Andresen van Noorweë onseker is oor wat die toekoms alles vir haar inhou, is sy duidelik baie seker oor een ding: “Dis nie genoeg om geld te hê om suksesvol te wees nie.”

Alexandra sal weet. Sy het reeds drie keer die junior Noorweegse dressage-kampioenskapsbyeenkoms gewen en het die afgelope paar jaar vir haarself ’n loopbaan as ’n professionele dressage-mededinger uitgekerf. Lees ook: Slegte nuus vir spoedvrate In ’n onderhoud op 20 September 2015 met Eurodressage, ’n tydskrif wat fokus op dié spesifieke ruiterkuns, het sy gesê sy wou haar lewe lank nog ’n beter ruiter word. “Dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen: perdry!” Reeds van kleins af het Alexandra ’n besonderse band met diere gehad. Hulle was deurentyd omring deur diere, tuis of in die veld. By ’n foto wat sy op Instagram gedeel het, skryf sy: “Ons het gewoonlik ons ponies, Pinocchio en Spike, saamgevat na ’n eiland waar ons ’n somerhuis gehad het. Hulle het vrylik op ons eiendom rondbeweeg.”

A photo posted by Alexandra (@alexandraandresen) on

A video posted by Alexandra (@alexandraandresen) on

Dié 19-jarige se biljoenêrstatus het eers in 2014 bekend geraak toe die Noorweegse regering jaarlikse belastingsyfers gepubliseer het.

Maar waar kom die geld vandaan? Haar familie was tot 2005 betrokke by die tabakbedryf onder die Tiedemanns-tabakhandelsmerk as deel van die Ferd-groep. Die maatskappy het die tabak-aandele in daardie jaar aan die Skandinavisk Tobakskompagni vir bykans $500 miljoen verkoop. Lees ook: Werkstres laat jou meer eet Hoewel Johan steeds die maatskappy beheer, het hy in 2007 het ’n 42-persent-aandeel aan elk van sy twee dogters, Alexandra en Katharina, oorgedra. Alexandra was toe 10. ’n Onlangse foto wat op Instagram gedeel is, is getiteld “Die Ferd-eienaars”.

A photo posted by Alexandra (@alexandraandresen) on

Vandag spesialiseer haar pa, Johan Andresen, as ’n verskansingsbelegger. Daar is geen druk op enige van die twee dogters om vir die maatskappy te werk nie. Blykbaar het Alexandra ’n hegte band met haar ma, Kristin. Sy het hierdie twee foto’s ook op Instagram gedeel. By die mees-onlangse foto het sy geskryf: "Hierdie wonderlike vrou is my ma."

A photo posted by Alexandra (@alexandraandresen) on

Alexandra erken dat haar familie se rykdom dit makliker gemaak het om die ruiterkuns te beoefen, maar Alexandra se optrede is alles behalwe dié van ’n bedorwe brokkie.

A photo posted by Alexandra (@alexandraandresen) on

Sy ry met tweedehandse motors en sy spaar. “Ek het nog altyd gespaar,” het sy aan die saketydskrif Ferd gesê.

“Ek spaar wanneer ek my weeklikse toelae kry, asook die kontantpryse wat ek in kompetisies wen. Ook as ek geld vir my verjaardag kry. Dit beteken dat ek goed vir myself kan koop wat ek regtig wil hê, soos ’n handsak of ’n paar skoene, sonder om ma of pa geld te vra.”

Bronne: uk.businessinsider.com, independent.co.uk, Instagram

Saamgestel deur Annelene Oberholzer

Ook op Huisgenoot.com

Gewilde sportaanbieder dagvaar vir miljoene oor naakvideo

Talle diere vrek van vergiftiging in Kruger Nasionale Park

Ly jou hond dalk aan depressie?

Dié kat neem beter selfies as jy

Video: Hondjie klap saam op sy gunsteling-liedjie

Internet gaande oor hondjie met draadjies