Net nege plekke in Suid-Afrika se internetspoed is vinniger as die land se gemiddeld, berig die Gautengse dagblad Beeld.

Ookla se Net Index toon die gemiddelde nasionale spoed vir breëband-internet is 3,82 megagrepe per sekonde (Mbps).

Die Wes-Randse myndorp Randfontein se breëbandtoegang is die vinnigste in Suid-Afrika, met ’n aflaaispoed van 11,3 mbps, gevolg deur Bryanston, Midrand en Randburg, ook almal in Gauteng, berig Nuus24.com.

Lees meer hier.