NRG (hul naam beteken energie) maak Saterdag hul debuut by Huisgenoot se Musiekplaas by die KKNK. En hulle kan nie net mooi sing nie, die groeplede is beslis ook iets vir die oog.

Hulle is Christiaan Botha (20), Rowan Zerf(27), AB Knobel (19) en Rudolph van Wyk (26) en hulle oefen al die afgelope maand dag en nag aan hulle sexy bewegings.

Hulle is bitter opgewonde om hul buiging by dieKKNK te maak.

“Die laaste maand was die moeilikste tyd in my lewe – tot dusver! NRG oefen dag en nag en die KKNK gaan kook!” vertel Christiaan.

Vir AB, wat verlede jaar matriek geskryf het, is alles nog nuut en opwindend en Rowan wat altyd agter die skerms gewerk het, geniet die geleentheid om nou sy slag op ‘n verhoog te wys.

“Ons sien baie daarna uit om die mense by die Huisgenoot Musiekplaas bedags te vermaak en saans by die Burger se tent op te tree. Die grootste uitdagings gaan sekerlik ons optredes op die Afskop Verhoog voor duisende mense wees,” voorspel Rudolph.

Vir meer inligting oor die Huisgenoot Musiekplaas, besoek: