Nie minder nie as nege nuwelinge gaan in die Groen en Goud uitdraf in die inkomende toetsreeks teen Ierland.

Hulle is: Garth April, Ruan Combrinck, Faf de Klerk, Nic Groom, Steven Kitshoff, Jaco Kriel, Bongi Mbonambi, Sikhumbuzo Notshe en Scarra Ntubeni.

Bokafrigter Alistair Coetzee kon nie sy opgewondenheid met die nuwe span beteuel nie.

“Die aankondiging van die span is ’n hoogtepunt in my loopbaan en die resultate van harde werk en ’n groot hoeveelheid harde werk sedert my aanstelling,” het hy gesê.

Voorkeur is verleen aan spelers wat plaaslik hul staal getoon het.

“Ons het gevoel dis tyd om na die volgende generasie (spelers) te kyk,” het die nuwe afrigter gesê.

“Ek is aangestel om Toetsreekse te wen. Ek glo ons het die beste moontlike, beskikbare groep gekies om juis dit te doen.”

Verskeie moontlike kandidate was nie beskikbaar nie as gevolg van beserings of Blitsbok-verpligtinge.

Hierby ingesluit is: JC Janse van Rensburg, Sti Sithole, Marcell Coetzee, CJ Velleman, Chris Cloete, Thembelani BholiSchalk Burger, Cobus Reinach, Jano Vermaak, Elgar Watts, Robert du Preez, Kurt Coleman, Handré Pollard, Harold Vorster, Cornal Hendricks, Andries Coetzee, Dillyn Leyds, Jaco van der Walt asook Francois Hougaard, Bryan Habana, Juan de Jongh, Seabelo Senatla, Cheslin Kolbe, Warrick Gelant en Siviwe Soyizwapi.

Ruan Pienaar het aangedui dat hy nie vir die Junie-toetsreeks beskikbaar sou wees nie.

Die drie toetse tussen die Bokke en Ierlan sal op die volgende datums plaasvind:

11 Junie (DHL Newlands in Kaapstad)

18 Junie (Emirates Airline Park in Johannesburg)

25 Junie (Nelson Mandela Bay-stadion in Port Elizabeth)

Hier is die volledige span

Voorspelers: Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Jaco Kriel, Francois Louw, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Tendai Mtawarira, Sikhumbuzo Notshe, Scarra Ntubeni, Trevor Nyakane, Julian Redelinghuys, Adriaan Strauss, Duane Vermeulen, Warren Whiteley. Agterlyn: Garth April, Ruan Combrinck, Damian de Allende, Faf de Klerk, Nic Groom, Elton Jantjies, Jesse Kriel, Patrick Lambie, Willie le Roux, Lionel Mapoe, Lwazi Mvovo, Rudy Paige, JP Pietersen, Jan Serfontein.

Hier is hoe van die ondersteuners voel oor die span.

Bron: sport24.co.za