Die Noord-Kaap, Vrystaat en die Noordwes gaan eerste die byt van lae temperature aan hul lyf voel. Sondag kry die koue koers na die Wes-Kaap.

Port Elizabeth, bekend as die vriendelike stad, was Woensdag vroegoggend die “vriesende stad” toe die kwik kwalik tot 1,9 °C styg. Volgens traveller24.com was dit die koudste temperatuur in die stad sedert 2014.
Die kans is goed dat temperature onder 10 °C gaan kuier. Die Oos-Kaap kan ook gereed maak vir ’n sneeukombers, wat ook die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal in wit gaan tooi. So het dit verlede jaar by Hogsback in die Oos-Kaap gelyk.

A photo posted by @xylonvaneyck on

Maar of dit gaan sneeu of nie, een ding is seker: dit gaan bitter koud wees.

Agt wenke om die koue te trotseer

1. Bly droog en dra lae klere oor mekaar. Die laag teen jou lyf moet vogtigheid absorbeer en dit weg van jou lyf hou.

2. Drink water. Hoe meer water in jou liggaam is, hoe makliker is dit om warm te bly.

3. Geniet kos wat jou warm laat voel, soos sop, warm koffie en tee en selfs kos met ’n bietjie van ’n (rissie-)byt.

4. Jammer, maar alkohol is nie die kuur teen koud kry nie. Inteendeel – dit kan jou laat sweet, wat jou liggaam laat afkoel. Kies eerder ’n geurige sop of warm sjokolade.

5. Bêre vir eers die polvy- en elegante skoene. As jou tone warm is, gaan jy ook beter voel. Dus, stewels en lekker warm sokkies. Selfs ’n ekstra paar sokkies as dit moet.

6. Keer terug na die kombuis. Behalwe dat dit ’n goeie manier is om die lug warmer te maak, is dit ook lekker om ’n smaaklike warm gereg te geniet.

7. Kuier rondom die kaggel as jy een het. Maar maak seker dat die rook deur die kaggel se skoorsteen gevoer word.

8. Geniet die sneeu – as jy naby is.

Ons het met die samewerking van ons kollegas hierdie spesiale speellys vir oud en jonk saamgestel om die koue die hoof te bied deur saam te sing, saam te dans of bloot net te geniet.

As jy na hierdie op-en-wakker gunstelinge nog koud kry, is die volgende liedjie al wat oorbly:

Bronne: ofm.co.za, traveller24.news24.com, snowreport.co.za, nbcwashington.com, realsimple.com, lifehack.org