“En so moet 'n mens wag vir die beste dinge in die lewe,” het sy geskryf by ’n foto waar sy 38 weke swanger is. 

“Ek wil vanaand regtig net vir die enkellopende meisie daarbuite sê: 'Moenie settle nie. Moenie dink jou kans gaan nooit kom nie. En moenie jou eerste liefde verloor nie!’ Die grootste liefde bly Jesus! Niks vul daardie leemte soos Hy nie. Here verhoor hul gebed soos U my hoor roep, huil en kerm het. Amen!”

Die titelsnit van haar jongste album, Jy Sal Weet, is ook ’n liedjie van hoop vir mense wat nog op die liefde wag.

Riana was 30 toe sy haar man, Cornel de Beer, ontmoet.

Geduldig #38 dankie @suna1suna1

A post shared by Riana Nel (@riananelofficial) on

“Mense sou goed vir my sê soos: ‘Jy is te kieskeurig,’ en: ‘Die liefde is nie vir almal nie,’” het die donkerkopsangeres in 2016 in ’n onderhoud met Huisgenoot vertel. 

“Ek het lank gewag, gebid en gehoop, want ek wou nie net met enige ou trou nie; ek wou met die regte ou trou.’’ 

Toe sy Cornel in 2012 by die Innibos-fees in Nelspruit ontmoet, was daar geen twyfel nie en ses maande later is hulle verloof. “Ons het net geweet.” 

Die paartjie is nou vier jaar getroud en het in Februarie 2016 die ouers van ’n seuntjie, Tristian, geword. 

En na n dag vol stuff kan ek die kalmte nie beskryf in hierdie oomblik na badtyd nie! Hierdie voetjies??

A post shared by Riana Nel (@riananelofficial) on

En nou kan ons skaars wag dat hul tweede kleinding enige dag sy of haar opwagting maak!