Prins Philip tree vanjaar af en sal nie meer openbare optredes maak nie, het Buckingham-paleis vanoggend aangekondig by die noodvergadering wat koningin Elizabeth belê het.

Die internet was aan die gons ná die koningin alle personeel van al haar paleise onverwags vir ’n vergadering byeengeroep het.

Volgens Daily Mail sou die personeel toegespreek word deur die mees senior beampte, lord Chamberlain van die koninklike huishouding, sowel as die koningin se privaat sekretaris, sir Christopher Geidt. Terwyl die wêreld vir die aankondiging gewag het, het sommiges ook ’n bietjie humor in hierdie ongewone saak gesien.  

           

Bronne: Daily Mail, The Sun.co.uk, Express.co.uk