SuperMa’s, ons is dol daaroor om inspirerende aanhalings te lees en ons toe te rus met die beste inligting oor ouerskap, of hoe? Meer as dit vind ons vertroosting in die wete dat daar ’n gemeenskap ma’s is wat regstaan om ons te ondersteun, vrae te beantwoord en te inspireer om elke dag beter ma’s te wees. Dit is hoekom ons ons aanlyn gemeenskap SuperMa’s gevra het om hul beste raad oor moederskap te deel. Dit is wat hulle te sê het:

  • Natalie Marais: Gebruik jou eie intuïsie as ma.
  • Stephanie Malan: Jong babas kan deur ’n geraas slaap. Moenie van die begin af alles om hulle heeltemal stil hou nie, anders sit jy later met ’n baba wat wakker skrik elke keer dat die telefoon lui of ’n hadeda skree.
  • Charlene Bruyns: ’n Ma kan soms die leisels ’n bietjie verslap, maar respek en goeie maniere is ononderhandelbaar.
  • Ann Mouton: Niks is ooit onmoontlik nie.
  • Lyndi Degenaar: Luister na almal se raad, maar volg jou eie kop.
  • Kirsty Jooste: Vertrou jouself!
  • Adele Pretorius: Moet nooit jou kinders ophou vertel dat jy hulle liefhet nie. Gee hulle ook baie drukkies, selfs wanneer hulle groot is. ’n Drukkie van ’n ma gee nuwe krag en is die beste medisyne.
  • Este Albertyn: Bly net kalm.
  • Denise Edwards Oosthuizen: Laat jou ja ja bly en jou nee nee!
  • Adri Veldman: Hou by jou woord. As jy vir ’n kind iets sê, hou daarby en moenie vandag dinge toelaat wat môre nie toelaatbaar is nie. Wees altyd objektief oor die kinders se doen en late, en wees sterk wanneer dissipline toegepas moet word.
  • Jolandé Venter: Wees net lief vir hulle, sonder liefde het ek niks. 1 Kor. 13:2.
  • Carey Leigh Evans: Slaap wanneer jou baba slaap; dit werk! En dit hou jou by jou volle verstand.
  • Janice Marsh: Moet jou nie bekommer oor wat ander dink nie.
  • KBliss Moeng: Jy is die beste ma!