Dié album het sedert dit vyf weke gelede vrygestel is geklim tot in die nommer 1-posisie van die Musica-musiekkettingwinkel se topverkopers.

Dié musiekvideo, Anoret, is ’n regte voel-goed Afrikaanse snit en een van die ses liedjies wat hy self vir die album geskryf het. Die snitte Vuil Vanderbijl, Melans Mnel, Jane vir my, Alles my nou en Sal jy? Is ook almal deur die 19-jarige Refentse en sy span by Select Musiek geskryf.  

“Ons is baie opgewonde oor die nuwe musiekvideo. Refentse is ’n ongelooflike liedjieskrywer en ons sien baie uit daarna om dit vandag met sy aanhangers te deel,” het Tania Fourie, sy bestuurder, Maandag aan Huisgenoot.com gesê. 

Ander snitte op die album sluit in ’n duet met die legendariese Laurika Rauch, waarin hulle die bekende Stuur Groete Aan Mannetjies Roux sing asook ’n asemrowende vertolking van Karen Zoid se Engel deur Refentse.

Ou gunstelinge soos Sprokies vir ’n Stadskind en Breyten se Brief is ook op die album.