Blykbaar is dit nie ’n goeie jaar om ’n koerantverslaggewer, kok of boomkapper te wees nie . . .

Die werksoek-webtuiste Career Cast het sy jaarlikse lys van die beste en slegste beroepe van die jaar uitgereik. Volgens die webtuiste is die lys saamgestel volgens “inkomste, beskouing, omgewingsfaktore, stres en fisieke eise”.

Op grond van hierdie rangorde is dit “goeie nuus vir mense wat goed is met wiskunde”, soos TIME dit stel.

Die slegste beroepe van 2015

  1. Koerantverslaggewer
  2. Boomkapper
  3. Weermagpersoneel wat vir diens opgeroep is
  4. Kok
  5. Uitsaaier
  6. Fotojoernalis
  7. Korrektiewe beampte
  8. Taxibestuurder
  9. Brandbestryder
  10. Posbode

Die beste beroepe van 2015

  1. Aktuaris
  2. Oudioloog
  3. Wiskundige
  4. Statistikus
  5. Biomediese ingenieur
  6. Datawetenskaplike
  7. Mondhigiënis
  8. Sagteware-ingenieur
  9. Arbeidsterapeut
  10. Inligtingsontleder