1. Geluk kan altyd gevind word, selfs in die donkerste tye, as jy net onthou om die lig aan te skakel.

2. In die bed en in die kis maak die lengte nie saak nie.

3. Kleinkinders is God se pleisters op die lewe se seer.

4. "Altyd" en "Nooit" is woorde, wat jy altyd moet onthou om nooit te gebruik nie.

5. Die kleed wat jy aan het as jy doodgaan het nie sakke nie.

6. Elke hond kry sy dag, en elke kat sy nag.

[caption id="attachment_173764" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay[/caption]

7. Leë blikke maak die grootste geraas.

8. Wie nie waag nie sal nie wen nie.

9. Moenie vir jou ’n hond kry en dan nog steeds self wil blaf nie.

10. Vroeg ryp vroeg vrot.

11. Raar maar waar.

12. Wie nie waag nie sal nie wen nie.

13. Skoenmaker hou by jou lees.

14. Deur dik en dun.

15. Smee die yster terwyl hy warm is.

16. Gekke en dwase skryf hulle name op mure en glase.

17. Wat jy saai gaan jy maai.

18. Spotter kry sy loon al is dit op die punt van sy groottoon.

19. As jy nie wil hoor nie moet jy maar voel.

20. Elke donkerwolk het silwer ’n rand.

[caption id="attachment_173765" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay[/caption]

21. Die aap uit die mou laat.

22. Geringde duiwe vlieg nog.

23. Al loop ’n leun ook hoe snel die waarheid haal hom wel.

24. Skop jou skoene uit en onvriend jou vrese.

25. Jy kan ’n perd tot by die water bring, maar jy kan hom nie mààk drink nie.

26. ’n Donkie stamp nie sy voet twee keer teen dieselfde klip nie.

27. Al bring ’n kraai die waarheid uit, die waarheid sal seëvier.

28. Ek is aap maar ek is ’n ou aap.

29. As jy ’n hond wil slaan, kry jy altyd ’n stok.

30. Van lekker lag kom lekker huil.

31. Die donkerste uur is net 60 minute lank.

32. Die môrestond het goud in die mond.

[caption id="attachment_173776" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay[/caption]

33. Skryf kritiek op sand en aanbevelings op marmer.

34. As jy jou uitgee vir ’n toffie moet jy bereid wees om gekou te word.

35. As armoede by die voordeur inkom, vlug die liefde by die agterdeur uit.

36. Uit die swartse modder groei die witste lelie.

37. Elke tolletjie gare het ’n einde.

38. Plesier is nes ’n jong komkommer, pluk jy hom, dan verlep hy sommer.

39. Woorde wek, maar voorbeelde trek.

40. Met die wingerdtak geslaan.

41. Wanneer die muis vol is, is die meel bitter.

42. Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie.

43. Die lewe is ’n lied, jy moet net die wysie ken.

44. Goedheid, guns en groot genade in oorvloed.

45. Slaat my om met ’n nat vis.

[caption id="attachment_173775" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay[/caption]

46. Moenie die baba met die badwater uitgooi nie.

47. Lag en die lewe lag saam, huil en jy huil alleen.

48. Te diep in die bottel gekyk.

49. Gaan groot of gaan huistoe.

50. Het jy weer in die messelaai geslaap?

51. Klein botteltjie, groot gif.

52. Hulle is vandag weer soos Broloks en Bittergal.

53. Lewe is ’n nickerball hard maar lekker.

54. Wie jy is, is God se geskenk aan jou! Wat jy word, is jou geskenk aan God!

55. Jou ouma die paplepel leer vashou.

56. Dit is klaar met kees.

57. Die kêreltjie met die kurkhoed soen.

[caption id="attachment_173768" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay[/caption]

58. Elke ketter het sy letter.

59. Die kind by sy ware naam noem.

60. Sy klawer is droog.

61. Hy wag nie vir kleingeld nie.

62. Nie sonder klereskeur nie.

63. Dit gaan klinkstiebeuel.

64. Hy is ’n smeerlap.

65. Deur die smeltkroes gaan.

66. Die snotpsalm aanhef.

67. Onder die spitsroede deurloop.

68. Op staatskoste loseer.

69. Jou staldeur staan oop.

70. Die staf oor iemand breek.

71.’n Nooi stompoor sny.

72. Die swaard van Damocles.

73. Hoe ouer die bok, hoe harder die horing.

74. Wie heuning wil eet moet steke verdra.

[caption id="attachment_173772" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay[/caption]

75. So bekend soos die bond hond.

76. Sagte heelmeesters maak stinkende wonde.

77. Hy lyk soos een wat met die nagtrein gekom het.

78. Hy is ook ’n ou noot in die psalm.

79. ’n Kwelling des geestes.

80. Iemand se neus vir hom uitsnuif.

81. Lank in die land, bietjie baard maar klipsteenhard.

82. Hy het lawaaiwater gedrink.

83. Jou lyf knipmes hou.

84. Agter jou neus aanloop.

85. So vas soos ’n muis in ’n kalbas.

86. Die gordel stywer trek.

87. Groot lantern maar weinig lig.

88. Lepel in die dak steek.

[caption id="attachment_173773" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay[/caption]

89. Die loftrompet blaas.

90. Dit loop alles van ’n leidak af.

91. Jou lyf aasvoël hou.

92. Met die nagskuit gekom.

93. Baie myle lê tussen doen en sê.

94. Iemand met die heuningkwas bewerk.

95. Soos ’n ou vrou se dans.

96. Hy is ’n langasemkriek.

97. Bloed is dikker as water.

98. Stilbly is ook ’n antwoord.

99. As iemand jou wys wie hulle regtig is – glo hulle!

100. Koop dit waarsonder jy nie kan leef nie.

101. Moenie skop teen die prikkels van die lewe nie.