Wat dit nog meer spesiaal maak, is al die wonderlike en warm wense wat uit alle oorde instroom.

Baie dankie aan elkeen van julle wat hierdie mylpaal saam met ons vier.

Ons pragtige voorbladnooi, Rolene Strauss het hierdie boodskap gestuur:

Van ons Sarie-bure het ons hierdie pragtige ruiker en mooi woorde ontvang.

sarie ruiker

En natuurlik moet ons ook deel met diegene wat ons deur die jare ondersteun en op soveel verskillende terreine vermaak.

Ons vier ons 100ste saam met Whitey Basson, Checkers en Shoprite Dankie vir al die jare se ondersteuning.

En van ons vriende "Doer Onder"!

[caption id="attachment_126204" align="aligncenter" width="600"]Adjunk-redakteur Maryke Cumpsty het Whitey Basson met een van Huisgenoot se spesiale verjaardagkoeke verras. Adjunk-redakteur Maryke Cumpsty het Whitey Basson met een van Huisgenoot se spesiale verjaardagkoeke verras.[/caption]

Dankie ook aan RSG vir julle jarelange ondersteuning!

[caption id="attachment_126203" align="aligncenter" width="600"]RSG-omroepers Johan Rademan en Suzaan Steyn aan weerskante van oud-redakteur van Huisgenoot, Julia Viljoen en die huidige redakteur Henriëtte Loubser. RSG-omroepers Johan Rademan en Suzaan Steyn aan weerskante van oud-redakteur van Huisgenoot, Julia Viljoen en die huidige redakteur Henriëtte Loubser.[/caption]

Kyk net die 'Laners se groot glimlagte toe die goue verjaardagkoeke opdaag!

[caption id="attachment_126202" align="aligncenter" width="600"]Het Oubaas (Pierre van Pletzen) se "nartjiepit" (Annelisa Weiland) dalk gehelp om die koek te bak? Het Oubaas (Pierre van Pletzen) se "nartjiepit" (Annelisa Weiland) dalk gehelp om die koek te bak?[/caption]

[caption id="attachment_126206" align="aligncenter" width="600"]Waar's die ernstige Xander Meintjies? Theodore Jantjies lyk beslis in sy noppies met ons spesiale #HG100-koek. Waar's die ernstige Xander Meintjies? Theodore Jantjies lyk beslis in sy noppies met ons spesiale #HG100-koek.[/caption]

[caption id="attachment_126205" align="aligncenter" width="600"]Gaan die nimlike Charmaine (Vinette Ebrahim) dalk hierdie koek met haar Oppiekoffie-klante deel? Gaan die nimlike Charmaine (Vinette Ebrahim) dalk hierdie koek met haar Oppiekoffie-klante deel?[/caption]

[caption id="attachment_126201" align="aligncenter" width="600"]Diedie (Hennie Jacobs) gaan gewis die idee vir 'n volgende Bruynwaves-funksie inspan. Diedie (Hennie Jacobs) gaan gewis die idee vir 'n volgende Bruynwaves-funksie inspan.[/caption]

[caption id="attachment_126200" align="aligncenter" width="600"]Moenie dat Chris Welman (David Rees) se glimlag jou mislei nie. Die man is 'n bedrewe sakeman en dinge gaan roer in die Laan. Moenie dat Chris Welman (David Rees) se glimlag jou mislei nie. Die man is 'n bedrewe sakeman en dinge gaan roer in die Laan.[/caption]

[caption id="attachment_126199" align="aligncenter" width="600"]André Lotter bestempel Rickus Welman as 'n goeie ou. Ons sal die spasie dophou! André Lotter bestempel Rickus Welman as 'n goeie ou. Ons sal die spasie dophou![/caption]

Nou's die Kaap mos heerlik Hollands, danksy die gawe span van Suidooster!

En uit alle hoeke van die land is daar gedeel en geglimlag...

[caption id="attachment_126219" align="aligncenter" width="600"]Dapper Pippie het harte landwyd verower. Kyk net daardie pragtige glimlaggie saam met ma Anice! Dapper Pippie het harte landwyd verower. Kyk net daardie pragtige glimlaggie saam met ma Anice![/caption] [caption id="attachment_126278" align="aligncenter" width="600"]Kyk dan hoe groot is Chester en Maria Williams se oulike tweeling, Chloe & Matthew. Kyk dan hoe groot is Chester en Maria Williams se oulike tweeling, Chloe & Matthew.[/caption]   [caption id="attachment_126279" align="aligncenter" width="600"]Gewis een van ons mooiste en mees sjarmante sakevroue én ma: Jo-Ann Strauss. Gewis een van ons mooiste en mees sjarmante sakevroue én ma: Jo-Ann Strauss.[/caption] En ons bedrywige Openbare Beskermer ruim ook tyd in om gelukwense oor te dra!

Goeie buurmanskap.

En dan ons vriende uit Pretoria...