Benewens die geleentheid om hul liefdesverhaal op die silwerdoek te sien, wen Irma en Sampie de Klerk R5 000 kontant.

Die naaswenner, Ritha Kruger, wen R3 000 kontant en Marie Schoeman, in die derde plek, steek R2 000 kontant in haar sak vir haar ouers se liefdesverhaal.

Al drie ons wenners wen ook ’n Olympus TG-835 kompakte digitale kamera van R4 500. Die kamera kan uiterse temperature, stof en vogtigheid weerstaan. Dit is ideaal vir aksiesfoto’s en -video’s, asook vir wyehoek-landskapstonele.

Lees meer in die Huisgenoot van 23 April oor die wenner en die naaswenners.

  • Lees die wen verhaal hier.
  • Lees die naaswenner se verhaal hier.
  • Lees die verhaal in die derdeplek hier.