Dié liedjie is deel van Die Heuwels Fantasties se album, Wens Jy Was Hier Deluxe, wat einde vandeesmaand uitgereik word. Dié album bestaan uit ’n kortspeler met vyf splinternuwe liedjies, die album Alles Wat Mal Is en die DVD Live op Paul Cluver.

Die liedjies op die Wens Jy Was Hier-kortspeler is geïnspireer deur Die Heuwels Fantasties se groot liefde vir Vleesbaai. “Daar is vir die see gekyk, liedjies gespeel tot hulle lekker voel en daarna is hulle dadelik opgeneem. Dis hoe al vyf die nuwe snitte op die album gebeur het,” sê Pierre Greeff, die voorsanger van Die Heuwels Fantasties.

Die kortspeler sluit ook ’n samewerking, Welkom, met Laudo Liebenberg van aKING in, en dan twee bonus-liedjies waarvan Afikaan een is. Die ander is Toks en Tjops saam met Bok van Blerk en Robbie Wessels.

Afrikaan is ook deel van Mandoza se nuwe album, Sgantsontso, wat onlangs uitgereik is.

[caption id="attachment_59693" align="aligncenter" width="600"]Die Heuwels Fantasties en Mandoza gesels ontspanne op die rooi bank Die Heuwels Fantasties en Mandoza gesels ontspanne op die rooi bank[/caption]

Ons het vinnig met Die Heuwels Fantasties se hoofsanger, Pierre Greeff gepraat oor Afrikaan:

Waaroor gaan Afrikaan?

Dit gaan daaroor dat, hoewel ’n mens soms vervreemd kan voel in jou omstandighede, daar tog ’n samehorigheidsgevoel onder baie van ons as Suid-Afrikaners heers; maak nie saak wat jou agtergrond is nie.

Hoekom wou julle saam met Mandoza werk?

Hy is ’n absolute legende in die bedryf. Sy musiek vind baie aanklank by oud en jonk.

Sal julle weer saamwerk?

Beslis.

Waar kan mens na die liedjie gaan luister?

Dit is nou beskikbaar op sy album Sgantsontso op iTunes https://itun.es/za/nLRhS en in winkels, en van die einde van die maand op ons deluxe cd/DVD, Wens jy was hier.

Hoekom dink julle sal mense daarvan hou?

Dit laat die voete jeuk en is die eerste keer dat Mandoza met Afrikaanse kunstenaars saamwerk. Dit is uniek.

[caption id="attachment_59694" align="aligncenter" width="612"]Pierre en Mandoza Pierre en Mandoza[/caption]

En wat sê Mandoza?

“Dit was wonderlik om saam met Die Heuwels Fantasties te werk. Die ouens is talentvol en professioneel en die fusion tussen ons was lekker. Ons het net goed saamgewerk en die liedjie is hot. Dit lyk asof daar nou nogal ’n buzz rondom dit is en al meer mense hou daarvan. Ek sal vir seker weer saam met hulle wil werk. Die opname van die liedjie sal ook uitgesaai word in die tweede episode van my werklikheidsprogram, Rolling With Mandoza.