Die sanger Snotkop kon weer terugkeer na sy huis in Simonstad.

[caption id="attachment_154051" align="aligncenter" width="600"]'n Verwoestende brand het gister in Valsbaai uitgebreek. Foto: Francois Henning 'n Verwoestende brand het gister in Valsbaai uitgebreek. Foto: Francois Henning[/caption]

“My huis en my ma s'n staan darem nog en is glad nie beskadig nie – en almal is veilig,” het hy Donderdagoggend aan Huisgenoot gesê.

Tog lyk sommige huise in die omgewing erg verniel en die buurt skoon vaal en grys ná Woensdag se paniek.

Die sanger, wie se regte naam Francois Henning is, moes Woensdagmiddag inderhaas sy huis ontruim omdat die veldbrande wat in die Suid-Skiereiland se berg woed, vinnig nader gekom het.

Die hele Valsbaaise voorstad moes ontruim word.

Francois, sy ma, Esther, en sy broer, Sharl, het Noordhoek toe gevlug.

“’n Mens kan mos net aan een kant uit Simonstad uit. Daar was oral mense in karre en ’n mens het gesukkel om asem te haal. Dit het gevoel asof ek in ’n Hollywood-fliek is,” het hy Woensdag aan Huisgenoot gesê. Francois het seker gemaak sy familie is veilig en het net sy skootrekenaar en ’n paar belangrike dokumente gegryp voor hulle saam met mede-bewoners van die buurt spore moes maak.

News24 het Donderdagoggend berig dat inwoners van die kusvoorstad terug kon keer na hul woonplek.

Volgens Snotkop was sy buurman minder gelukkig as hy.

[caption id="attachment_154049" align="aligncenter" width="550"]Snotkop se buurman se huis het groot skade gely. Foto: Francois Henning Snotkop se buurman se huis het groot skade gely. Foto: Francois Henning[/caption]

“Sy huis het heeltemal uitgebrand; hy het groot skade gely. As die brandweer nie so vinnig en ongelooflik (goed) was nie, was my huis ook daarmee heen.”

Die sanger sê brande woed nog om hulle in die berg.

“Dis darem nie te naby aan die huise nie en die wind is stil. Die weermag en brandweer is oral en paraat met vlamme wat plek-plek weer opkom.

[caption id="attachment_154047" align="aligncenter" width="550"]Die brand is nog nie heeltemal geblus nie. Foto: Fancois Henning Die brand is nog nie heeltemal geblus nie. Foto: Fancois Henning[/caption]

"Ons kon darem nou terugkeer na ons huise. Dit is nog effe senutergend omdat daar nog baie rook en vlamme is op plekke.

"Hopelik sal alles vandag onder beheer gebring word,” het hy gesê.