Alhoewel Wayde hierdie keer nie eerste oor die wenstreep gehardloop het nie, verander dit nie ’n aks aan hoe trots ons as Suid-Afrikaners voel oor die jong man wat homself kniediep in ons harte ingehardloop het nie.

Wayde word ook deur Suid-Afrika se legendariese swemkampioen en Olimpiese gouemedaljewenner Ryk Neethling as ’n nederige kampioen en ’n ware Grey Kollege-heer bestempel. “Ek wil nie te veel talm rondom die feit dat ek ’n Olimpiese goue medalje gewen en die wêreldrekord verbeter het nie. Ek het as atleet soveel meer om te doen,” het hy in ’n vorige onderhoud gesê. Wel, Wayde, ons en die wêreld daarbuite sien uit na wat hierdie jaar vir jou en Ans Botha gaan inhou! Die enigmatiese Nico Rosberg is as die wennner in die kategorie aangewys.

Die skitterende Wayde is vroeër vanjaar in die kategorie vir ’n wêrelddeurbraak genomineer na sy skitterende vertonings tydens die Olimpiese Spele in Rio, 2016.

A post shared by #Laureus17 (@laureussport) on

Kyk net wie was vanaand daar om hom te ondersteun!
Hoe het Wayde oor die ander benoemdes in sy Laureus-kategorie gevoel?

“Ek het geweldig baie respek vir al die benoemdes, dus sal ek in alle waarskynlikheid net in algehele verwondering na hulle almal staar.”

Ysland se sokkerspan: “Hoe ’n klein land bly glo het. Dis enorm.” Fidji se sewesspan: “Ek is ’n groot sewesaanhanger en het van die Fidji-manne ontmoet. Hulle is baie gawe ouens.” Nico Rosberg: “Hy het hard baklei en dis wonderlik om die Formule Een-kampioen te wees.” Leicester City se sokkerspan: “Ek het hope respek vir die span, hoewel ek ’n baie groot Liverpool-aanhanger is.” Almaz Ayana: “Ek weet hoe dit voel om ’n wêreldrekord by die Olimpiese Spele te verbeter en hoeveel voorbereiding dit haar moes kos om daardie 10 000 m-rekord te verbeter. Wayde het net soos landgenoot Gary Player met sy tekkies by die glansgeleentheid opgedaag. Die veldtog #SneakersforGood fokus daarop om die mag van sport ten goede te bevorder.

Talle ander bekende sportsterre het hul formele aanddrag duidelik "opgekikker" met hul tekkies.

Twitter-ondersteuning vir Wayde