Sy het wonderbaarlik die val oorleef, maar is ernstig beseer.

Victoria Cilliers (39), ’n ervare valskermspringer, het ’n solosprong in Salisbury Plain, Engeland uitgevoer toe haar hoof- en reserwe-valskerms nie behoorlik ontplooi het nie.
Sy het die grond teen sowat 50 km per uur getref.

Sy het die grond teen sowat 50 km per uur getref. Haar reserwe-valskerm het net gedeeltelik ontplooi en dit het waarskynlik tot haar redding bygedra.

Victoria, ’n ervare valskermspringer, het daarin geslaag om haar val aarde toe te vertraag, ’n betonpad te vermy en om in ’n veld te land. Sy het ruggraatbeserings, ’n gebreekte been, gebreekte ribbes en gebreekte sleutelbeen opgedoen en het weke lank in die hospitaal deurgebring.

“Die valskermklub het ons is in kennis gestel van hul oor kommer oor die voorval, en ons het gevolglik ’n ondersoek geloods,” het die speurinspekteur Paul Franklin van die Wiltshire-polisie aan die Britse media gesê.

“Die vrou sou dood gewees het as haar valskerm teen die einde nie gedeeltelik ontplooi het nie. Dit het haar neerdaling voldoende vertraag om die val te oorleef.”

Haar man, Emile Cilliers (35), ’n Suid-Afrikaansgebore sersant in die Britse weermag, is onlangs op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem nadat polisie ontdek het belangrike dele van die valskerm was nêrens aan die hoof- of reserwe-valskerm te vinde nie. Sonder dié dele kan ’n valskerm nie behoorlik en veilig funksioneer nie.

Victoria en Emile is in 2011 in Suid-Afrika getroud en het twee kinders, Lily (3) en ’n babaseun Ethan. Volgens die Britse media het Victoria aan vriende vertel Emile het ná die val uit die gesinshuis getrek.

BRONNE: dailymail.co.uk, telegraph.co.uk, gawker.com