Prins Harry het glo vir sy goeie vriende vertel hy is opgewonde daaroor om ’n “nephew” (manlike broerskind) ryker te word en so onthul die hertog en hertogin van Cambridge verwag ’n seun.

Die Britse koninklike egpaar verwag hul eersteling in Julie. En al is hulle tjoepstil oor die baba se geslag, is Harry glo openlik “in die wolke” oor die koms van sy eerste “nephew”.

’n Ingeligte het an die koerant Sunday People gesê: “Harry sê vir almal Wills en Kate verwag ’n seun en hoe opgewonde hy is oor die vooruitsig om ’n “nephew” by te kry.

“Hy sê die hele familie is opgewonde. Kate wou nog altyd ’n seun gehad het. Die binnekring weet almal dis ’n seun.”

Kate en William rep nie ’n woord oor die baba se geslag of moontlik name nie.

“Hulle werk regtig hard aan babaname en dink hulle het dit uitgepluis,” het die bron gesê, “maar hulle sal dit aan niemand bekendmaak nie, nie eens Harry nie. Harry het natuurlik allerhande vreemde voorstelle gemaak om hulle te irriteer.”