Volgens die Britse media is prins Harry halsoorkop verlief op ’n Amerikaanse televisie-aktrise – niemand anders nie as die Suits-aktrise Meghan Markle. Volgens die Sunday Express is die 32-jarige bloubloed-prins en Meghan (35), wat die beeldskone Rachel Zane in die Amerikaanse regsdrama speel, al maande lank saam. “Hy’s gelukkiger as wat hy in baie jare was,” sê ’n bron na aan die prins en voeg by dat Harry “in ’n baie ontspanne tyd in sy lewe is” en dat Meghan net “op die regte tyd” oor sy pad gekom het.

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


Die twee het glo in Kanada ontmoet toe Harry in die land was om voorbrand te maak vir volgende jaar se Invictus-spele vir beseerde of siek weermagpersoneel. Dié land sal gasheer speel. Meghan, wat in Los Angeles gebore is, het in 2013 van haar man, die vervaardiger Trevor Engelson, geskei en woon in Toronto waar Suits verfilm word.

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on

“Hulle vat elke week soos dit kom en geniet net mekaar se geselskap, maar dis duidelik dat hulle dol daaroor om mekaar te sien en daar is beslis ’n vonk tussen die twee,” sê die bron. Volgens berigte het sy reeds vir Will en Kate ontmoet en “het sy dadelik ingepas”.

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


“Harry wil die verhouding stil hou omdat hy nie vir Meghan wil afskrik nie. Hy weet dinge sal verander as hul romanse openbare kennis is, maar hy weet ook hy kan dit nie vir lank meer geheim hou nie.

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


“Dis te vroeg om te sê of die verhouding op iets langtermyn gaan uitloop, maar wie weet? Hulle vat dinge een stappie op ’n slag en kyk hoe dit ontwikkel.” Maar steek daar enigsins waarheid in die gerugte? Wel, die Mirror wys daarop dat die pragtige brunet vanjaar in die koninklike losie by Wimbledon gewaar is en sy het in Julie ’n draai by Buckinghampaleis gemaak.

Bye bye #London ??

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


En danksy Instagram weet ons sy was in Augustus in Engeland!

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


Dis nog ’n ope vraag of sy daar was as toeris of as ’n baie spesiale gas. Ons hou julle op hoogte!

Bronne: The Mirror, The Sunday Express, Instagram, Us Weekly