Miley Cyrus gaan glo uit met die regisseur Mike WiLL Made It.

Miley en Mike, wie se regte naam Michael Williams is, se verhouding het begin terwyl sy aan haar album Bangerz gewerk en haar musiekvideo We Can’t Stop gemaak het.

’n Bron het aan National Enquirer gesê: “Almal weet hulle gaan uit. Mike is baie beskermend teenoor Miley.”

Miley en Liam Hemsworth se verteenwoordigers het bevestig hul verlowing is verbreek.